Olimpiese Somerspele 1928

Spele van die IXe Olimpiade
Olimpiesespele van 1928

Gehou in Amsterdam, Nederland
Deelnemende lande 46 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 883 (2 606 mans, 277 vroue)[1]
Items 109 in 14 sporte[2]
Openingseremonie 17 Mei 1928
Sluitingseremonie 12 Augustus 1928
Amptelik geopen deur Prins Hendrik[3]
Atlete-eed Harry Dénis (sokker)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1924: Parys (Frankryk)
Volgende Spele 1932: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 1928 (Nederlands: Olympische Zomerspelen 1928), amptelik bekend as die Spele van die IXde Olimpiade, is tussen 17 Mei en 12 Augustus 1928 in Amsterdam, Nederland, aangebied. Amsterdam het aanvanklik aansoek gedoen om die Spele in 1920 en 1924 te kon aanbied, maar moes eers die oorlogsslagoffer België (Antwerpen 1920) en IOK-baas De Coubertin se Frankryk 'n beurt gee. Voor die Spele van 1928 word Amsterdam verkies bo Los Angeles.[4] Die Spele was vier jaar later (in 1932) aan Los Angeles toegeken. Dit was die eerste Spele wat nie meer onder die voorsitterskap van De Coubertin verloop het nie. In 1925 het hy die voorsitterskap oorgedra aan die Belgiese graaf Henri de Baillet-Latour.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 3 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 3 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search